SUURLEMOENBLOKKIES

2014-07-10-suurlemoenblokkiestested

SUURLEMOENBLOKKIES
Die soet-suur-kombinasie is heerlik en min blokkies sien sommer die nuwe jaar.
1 blik kondensmelk
250 g botter
250 ml suiker
15 ml suurlemoensap en die fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
2 pakkies Mariebeskuitjies, fyngedruk
500 ml klapper
625 ml versiersuiker, gesif
die sap van 1 sappige suurlemoen

Spuit ’n middelslag- langwerpige pan met kleefwerende kossproei.
Plaas die kondensmelk, botter, suiker, suurlemoensap en -skil in ’n groot kastrol en verhit oor matige hitte totdat die suiker en die botter gesmelt het.
Roer die fyn beskuitjies en klapper by en meng goed.
Druk die mengsel in die voorbereide bak (werk flink; dit word nogal vinnig styf). Laat afkoel.
Meng die versiersuiker met die suurlemoensap (dit moet ’n smeerbare versiersel wees – voeg nog ’n bietjie suurlemoensap by as dit te styf is) en smeer dit bo-oor die koekies wanneer dit koud is.
Sny in blokkies en bêre in die yskas.
Kan 2 weke in yskas gehou word.
Dit vries ook goed.
Ek ooreet my met hierdie koekies.
Foto:  Magda Helberg

Nota:  Sonja Spreeth
Dis absoluut heerlik, ek maak dit gereeld. My variasie is net dat ek nie klapper en suurlemoen by die koekies sit nie en die kondensmelk, suiker en botter laat kook totdat daar sulke klein stukkies caramel vorm, en dan roer ek die beskuitjies in.