SPRINGBOKBOUD MET PORT EN SONGEDROOGTE GEELPERSKES

frans se springbokboudtested

SPRINGBOKBOUD MET PORT EN SONGEDROOGTE GEELPERSKES
1 springbok boud
2 koppies port
Res van bestanddele is na smaak:
songedroogde geelperskes (hou paar om in die pan te sit)
cabanossies, in stukkies gesny
olyfolie
Ina Paarman se braaispeserye

Maak kepe met ‘n fillet mes in die boud en stop met die geelperskes en stukkies cabanossi. Vryf die boud goed in met olyfolie en Ina Paarman se braaispeserye. Plaas in ‘n oondpan en giet die port oor die boud. Plaas ‘n paar stukke van die perskes in die pan.
Maak toe met foelie en bak teen 140 ÂșC vir drie uur, draai elke uur en bedruip met die sous. Vul die vog aan met rooibostee indien nodig. Haal die foelie af vir die laaste 30 minute.
Resep en foto: Frans Odendaal