SPINASIE PASTAGEREG

tested
SPINASIE PASTAGEREG
1 pak penne pasta
1 pak rugspek, opgesny
500 g spinasie, opgekerf
2 groot uie, opgekerf
1 houer sampioene, in skywe gesny
1 liter griekse jogurt
500 ml gerasperde Cheddarkaas
Sout en Peper na smaak
Maak so:
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
Braai die spek tot gaar, skep uit en hou eenkant. Braai die uie en sampioene in die spek vette en hou eenkant.
Blanseer die spinasie in die panvette en hou eenkant.
Meng nou die gekookte gaar pasta, uie, spinasie, sampioene en spek, en 1 koppie kaas alles saam.
Voeg die griekse jogurt by en geur na smaak met sout en peper.
Skep in ‘n groot oondvaste bak, strooi res van kaas oor en bak vir 1 uur by 180ºC.
Bedien soos verkies.
Foto: Wilma Josey Venter