SPEK, KAAS EN PEPPADEW MUFFINS

2014-07-14-goodwood-20140714-01120tested
SPEK, KAAS EN PEPPADEW MUFFINS
Resep en foto: Louise Groenewald
(eie resep)
FOOD LOVERS RECIPES
2 groot eiers
80 ml kookolie
1 koppie melk
2 koppies bruismeel
knippie sout of Aromat
knippie mosterdpoeier
1 ui, fyn gesny en gebraai saam met
1 teelepel fyn knoffel
½ pakkie spek (125 g), klein stukkies gesny en gebraai – het sommer die hele pakkie gebruik
1 koppie beleë Cheddarkaas
8 peppadews, fyn gesny – het Bishop’s Crown gebruik wat ek ingelê het, dit smaak dieselfde

Stel oond op 200°C.
Klits die eiers, kookolie en melk saam.
Meng die meel en geurmiddels en voeg dan die res van die bestanddele by.
Skep in muffinpannetjie wat gespuit is. Bak ± 20 minute. Ek het 16 muffins uitgekry.
As jy nie die hele pakkie spek soos ek gebruik nie mag jy dalk minder uitkry.
Beleë Cheddarkaas maak beslis ‘n verskil, die smaak is baie beter as gewone Cheddarkaas.