ROOMBROODJIE
Maak deeg in bolletjies en pak in bak / pot.
Strooi soppoeier oor. Giet room oor. Strooi kaas oor.
Bak teen 160°C vir 40 min.
Ek breek bolletjies los en sny dan in snytjies.
Bron en foto: Chantelle Geldenhuys –
2de foto: Veronica Els: Ek het lekker gebraaide maalvleis, sampioene en ‘n bietjie kerrie pasta, bladjang en tamatiesous bo oor gesit saam met parmasan, feta en verouderde cheddar. Dit was uit die boeke!
Wat ek gedoen het is ek die room en soppoeier gemeng en oor gegiet toe sit ek dit in die oond dat dit rys en lekker mooi gebak is, toe sprinkel ek die gaar maalvleis en kaas oor en sit hom vir nog so tien minute in die oond.


