ROMANY CREAM POEDING

romany cream poedingtested

ROMANY CREAM POEDING
2 pakkies Romany Creams
500 ml room
125 ml melk
Ekstra melk om koekies in te doop
Stel oond op 180°C.
Meng die melk en room saam.
Doop koekies in die ekstra melk en pak in ‘n oondvaste bak. Giet die roommengsel bo-oor.
Plaas in die oond en bak totdat koekies sag en sous dik is.
Bedien met vla of ekstra room.
Nota:
Ek het toe die romany cream poeding gemaak. Baie baie maklik, VINNIG en nogal lekker. Dis lekkerder met room/vanilla roomys as met vla!

Resep en foto geplaas deur Tanya Godwich