POPPY SEED VIERKANTE
KOEK
3 eiers, geskei
180 ml suiker
125 ml olie
125 ml melk
1 teelepel vanilla geursel
250 ml koekmeel
½ teelepel bakpoeier
125 poppiesaad, plus 3 eetlepels poppiesaad
Opsioneel:
60 ml gekapte okkerneute
60 ml gekapte glaced kersies
VULSEL
6 eetlepels botter
3 eetlepels vanilla vlapoeier
3 eetlepels melk
3 koppies gesifte versiersuiker
1 teelepel amandel ekstrak
Glaseersel:
sjokolade bak blokkies
60 ml botter
Wit sjokolade, opsioneel vir versiering
KOEK:
Klits die eierwit tot styf en hou eenkant.
Klits eiergele en suiker saam, voeg die olie, melk en vanielje by en meng.
Voeg die droë bestanddele by en meng.
Vou styfgeklitse eierwitte in.
Kersies of neute kan nou ingevou word.
Gooi in gesmeerde en meelbestrooide koek pan.
Bak by 180°C vir ongeveer 35 – 40 minute (totdat tandestokkie skoon uitkom).
Verkoel.
VULSEL:
Verroom botter.
Meng melk met vlapoeier en voeg by botter.
Meng in versiersuiker. (Voeg ‘n bietjie meer melk by as nodig).
Smeer oor afgekoelde basis.
Verkoel in die yskas vir sowat 30 minute en smeer glanseersel oor.
GLASEERSEL:
Smelt sjokolade en botter (ek doen gewoonlik hierdie stap in die mikrogolf) en versprei oor die vulsel.
Verkoel en sny in blokkies.
Dit vierkante kan gevries word.
Resep en foto: Magda Helberg

