PIESANGBRAAISOUS

lien se piesangkerriesoustested

PIESANGBRAAISOUS
Vandag toe ek by die huis kom, het Maxie vir ons varktjops gebraai en met hierdie eksotiese PIESANGBRAAISOUS voorgesit …..

Braai 1 groot gekapte ui in olie;
voeg by 10 ml kerriepoeier en 250 ml piesangskyfies en braai nog 2 minute.
Voeg by 250 ml hoenderekstrak en verdik met 25 ml mielieblom opgelos in 50 ml water.
Stowe 2 minute lank en dien op saam met braaivleis. Garneer met klein tamaties

Resep en foto:  Hélène Kluge