OUTYDSE KOFFIEKOEKIES


OUTYDSE KOFFIEKOEKIES
2 kg koekmeelblom
7 ml sout
625 ml geelsuiker
750 g botter
110 ml skoon varkvet
400 ml stroop
25 ml koeksoda
250 ml baie sterk swart koffie
15 ml vanieljegeursel

Meng meel, sout, suiker in groot skottel.
Frummel botter en vet daarin.
Voeg die stroop by en meng.
Maak die koeksoda met ‘n bietjie van die koffie aan en voeg dit saam met die res van die koffie en die geursel by die meelmengsel.
Meng alles goed om ‘n deeg te vorm.
Plaas deeg in plastieksak en laat oornag staan.

Rol deeg die volgende dag dun uit.
Sny ewe lange langwerpige koekies.
Trek kruis en dwars patrone oor deeg met ‘n vurk
Bak dit 10 – 12 min

Vulsel
30 ml kits koffiepoeier
25 ml kookwater
250 ml witsuiker
100 ml botter/margarien
70 ml melk

Maak koffiepoeier met die kookwater aan.
Voeg die suiker, smeer en melk by.
Verhit dit tot kookpunt en kook 5 min lank.
Haal dit van die stoof af, klop dit met ‘n houtlepel tot styf en laat goed koud word.
Smeer koekies en plak op mekaar vas.

Foto:  Kristie Townsend
Dankie vir die lekker resep! Dit proe net soos toe ek as kind die lekker koffie koekies geëet het! 🙂 My man kan net nie genoeg van die koekies eet nie!