NAT KOFFIEKOEK

2014-07-18-natkoffiekoektested
NAT KOFFIEKOEK
2 koppies suiker
8 eiers
1 koppies olie
2 koppies koekmeelblom
40 ml bakpoeier
1 koppies kakao
60 ml vanilla essense
3 eetlepels opgehoopte koffiepoeier(eie keuse van koffie), ek gebruik Groen Jacobs, ruik wonderlik in koek
knyppie sout
Gooi alles in groot mengbak en klits goed deur met klitser. Laat staan vir 10 min. Gooi die beslag in twee ronde oond bakke. Ek bak koek in my grill mikrogolf op 60 ºCvir 9 min per koekpan. Bak 1 op ‘n slag.

Maak sous om oor eerste bak te gooi terwyl ander bak in oond bak.
Sous:
2 koppies water
2 kppies melk
50 ml Kahlua liquer(soos na smaak)
1 koppie suiker
Kook saam tot opgelos en gooi helfte oor een bak en ander oor die volgende warm koek.
Laat staan tot baie koud. Ek bak dit al vorige dag en laat staan in my yskas tot volgende dag wanneer ek dit wil versier. Nat koeke hou van staan om te trek.

Versiersel:
1 blikkie caramel kondensmelk tussen 2 lae gesmeer.
Meng dan 2 koppies room styf geklop met 2 blik Karamel kondensmelk en smeer bo-op en rondom koek.
Sif kakao bo-op en rond af met Horinkies wat jy kan koop by jou gunsteling tuisnywerheid,
of jy kan ook die volgende versiering gebruik om koek heerlik te versier.
1 pak versiersuiker gemeng met botter en klein bietjie melk om regte tekstuur te kry om te kan smeer bo-op en rondom jou klam koek, en 2 eetlepels frisco bygemeng.
Kleur van versiering is dus sagte ligbruin kleur en dit ruik koffie hemels…
Bron en foto:  Jacqueline Wiese