MIKROGOLF SUURLEMOENSMEER
MIKROGOLF SUURLEMOENSMEER
Genoeg vir 5 by 250 ml botteltjies;
Die resepie is soos volg;
310 ml botter
Sap van 6 groot suurlemoene
680 ml strooisuiker
5 ml sout
9 ekstragroot eiers
Metode is soos volg:
Smelt die botter in n diep mikrogolfvaste bak in die mikrofolf. Voeg die suurlemoensap, suiker en sout by en meng goed.
Klits die eiers ;baie goed en roer by die suurlemoenmengsel in. Mikro vir 4min.
Roer elke minuut. Toets of die smeer dik genoeg is deur n houtlepel daarin te jsteek en as die agterkant van die lepel met n dikkerige lagie bedek is, is dit reg.
Indien nie, mikrogolf vir nog 1min. en toets weer. (Die smeer word dikker namate dit afkoel.)
Bottel die smeer termyl dit warm is en seel dadelik. Berg op n koel, droe plek of in die yskas.
Ek smeer dit op alles want dit is so lekker jy kan nie ophou eet nie.
GENIET DIT-
Resep en foto: Ria Van Rensburg
Ek het hier vir julle n baie lekker ding.

