MAKLIKE WAFELRESEP
2 eiers
2 teelepels suiker
‘n knippie sout
1 koppie melk
1 koppie bruismeel
MAAK SO:
Klits eiers liggies met suiker en sout. Voeg by die melk en meel. Meng totdat dit ‘n gladde vloeistof mengsel is. Bak in ‘n wafelpan tot gaar.
Bedien met: karamel, piesangs (in skyfies gesny en bo-op die karamel gepak), roomys en stroop.
Foto: May van der Merwe

