

MAKLIKE SPONSKOEK
Sit 3 eiers op die skaal, dan kyk jy die gewig. (behoort so 175 g te weeg) Meet dan daai hoeveelheid botter en suiker af en klits dit saam, klits die eiers een-een by.
Meet dan weer daai selfde hoeveelheid bruismeel af en vou dit liggies by die res.
Vir vanilla voeg jy ‘n 1 teelepel vanilla by die botter/eiers, vir sjokolade vervang jy 2 eetlepels van die bruismeel met kakao.
Bak so 25 minute by 180ÂșC.
Resep en foto: Wessels Van Vuuren