MAKLIKE SAGOPOEDING

2015-08-17-maklikesagopoedingtested
MAKLIKE SAGOPOEDING
Week 100 ml sago in 500 ml melk vir een uur in ‘n diep 1.5 tot 2 liter mikrogolf vaste bak.

Mikrogolf dit oop vir 7 minute op 100% en roer elke 2 minute, daarna vir 5 minute op 50% en roer steeds elke 2 minute.

Klits 60 ml suiker, 2 ml vanilla essens, ‘n knippie sout en twee eiers saam en roer vinnig by sago mengsel in.

Plaas die bak op ‘ n omgekeerde kleinbordjie en mikrogolf dit 15 minute op 30% krag en roer elke 5 minute.

Stip met klontjies botter en appelkooskonfyt. Strooi liggies neut bo-oor en mikrogolf dit 2 – 3 minute by 50% krag. Sit warm voor.

Resep: Steph Kirchner
Foto: Sandre Macleod en Rina Kleinhans
NOTA:
Ek het nie my sago  geweek nie en dit het perfek gekook.. pas net op nadat jy die eier bygesit het dat dit nie te hoog mikrogolf nie, verder baie lekker.  2-3 PORSIES