MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS

2014-07-12-mackaastested

MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS
Braai uie en knoffel dan die maalvleis saam, gooi ‘n blikke tamaties en uie by en braai nog n paar minute, gooi sout, peper, bbq en bietjie origanum en 1 teel suiker by. Gooi bietjie water by dat die vleis gaar kook. Kook jou macaroni tot amper gaar en dreineer.

Voeg dit dan by jou vleis mengsel en kook tot al die sous weg is. Sit dit in ‘n groot oond bak. Klits 1 koppie melk met 1 eier en gooi egalig oor die vleis, druk gaatjies met ‘n vurk dat dit deurloop tot onder. Rasper Cheddar kaas oor en bak 30/40 min op 180ÂșC en dan net vinnig onder die rooster sodat die kaas mooi bruin word en bedien!

Foto en resep geplaas deur Sheila Marsburg Troskie