LUI HUISVROU KLAPPERYS

lui huisvrou klapperystested
LUI HUISVROU KLAPPERYS

Neem ‘n mengbak, en plaas 500 g versiersuiker,
400 g klapper, 5 ml vanilla geursel en ‘n blik kondensmelk daar in.

Meng goed deur met ‘n houtlepel, die mengsels sal lekker styf wees.

Verdeel in twee, druk die een gedeelte in ‘n gesmeerde houer
(‘n glas oondbak werk altyd lekker) en voeg ‘n paar klein druppels
voedselkleursel by die ander mengsel.

Meng deur, en druk die gekleurde gedeelte bo-op die wit vas,
sny in blokke, en bedien

Geplaas deur Elsa du Plessis
Foto:  Doreen J Visser‎