LOUISE SE PRESTO VARKIE

 

Louise se stoompot varkietested

Ons het self heerlik vark geĆ«et gisteraand. Ek en my Presto is mos by die heup verbind, so ja, ek stoom omtrent alles. Hierdie was ‘n stukkie varkboud, saam met aartappels, uie, knoffel, naeltjies, Ina Paarman gegeurde sout. Baie eenvoudig, maar heerlik. Die rys het ek saam met hoenderaftreksel en ‘n knippie kerrie gaargemaak.

Ek het alles saam ingesit. Aartappels en uie onder en die vleis bo-op. Ek het dit vir 30 minute gestoom, dit was ‘n groot stuk varkboud. Dit was toe lekker sag en ek het die vleis toe uitgehaal en bietjie sous afgegooi by die vleis. Toe het ek die aartappels lekker gebraai, die vleis kleiner gesny en toe weer teruggesit en weer bietjie gebraai. Ek het die bietjie vet van die sous afgeskep en dit oor die rys gegooi vir manlief

 

Louise Groenewald