LARA SE BROODPOEDING

2014-07-12-broodpoedingtested

LARA SE BROODPOEDING
8 eiers
5 koppies melk
600 ml Room
1 koppie suiker
3 t Vanilla essence
Rosyntjies (gesoak in KWV oornag)
Kaneel
Neutmuskaat
2 Brode – Korsies aan
Botter
Appelkooskonfyt

Botter al die brood aan albei kante, los die korsies aan. Sny die brood in 9 blokkies. Botter die bak waar jy dit in gaan bak. Pak een laag brood, gooi rosyntjies, kaneel en neutmuskaat. Herhaal tot al die brood op is. Meng die eiers, melk, room, suiker, vanilla essence, en gooi oor die brood. Bak in 180C vir omtrent so 40 minute, of tot gestol. As dit uit kom, smelt appelkooskonfyt en gooi dit oor.

Resep en foto geplaas deur Lara Maria Botha

Adam Cloete
Die ietwat droeĆ« mikrogolf koek wat ek die ander dag gebak het, het toe sy weg in die poedingbak gekry. Ek het hierdie broodpoeding resep aangepas deur dit ‘n bietjie minder soet te maak omdat ek die koek in plaas van brood gebruik het.
broodpoeding adam