KOEK MET VORMS BINNE – IN
My dogter het die idee iewers gesien. Ons het n witkoek se beslag in die helfte gedeel en die een helfte bright pink gemaak. Die twee helftes streperig in n broodpan gegooi. Toe gebak. Met n drukkertjie sterre uit gedruk toe koek koud was. Die sterre gevries. Volgende dag sjok koek aangemaak. Lagie onder in beskuitpan gegooi. Die sterre teen mekaar in die middel gepak die res van sjokmengsel ingegooi en gebak. Toe koek koud is het Corlia Spittal dit versier
Alice Meintjes

