KOEDOEPOT

kudupottested
KOEDOEPOT
Stoom koedoeboud wat in blokkies gesny is in stoompot vir paar uur tot baie sag. Voeg geen spice by nie. Na 3-4 ure kook in stoompot, gooi uit in groot kastrol en gooi die volgende by, alles hang af van die hoeveelheid vleis gestoom. Gooi water af in ekstra pot en laat staan vir nou nou. Gooi Worcestershire, blatjang, mosterd poeier, hoenderspeserye, perske konfyt, en swart peper oor vleis in kastrol en braai in bietjie olie tot vleis goudbruin is.

Vat nou die sous en maak pakkie oxtail sop aan en gooi oor vleis en kook, draai hitte af en laat prut. Gooi nou room in en prut vir verdere 15 min. Intussen kook aartappels in kwarte gesny tot sag en braai heel sampioene met uie fyn gekap in botter tot sag. Gooi bietjie knoffelvlokkies oor uie en sampioene. Gooi dan aartappels en knoffel, uie, botter en sampioene by in pot wat stadig prut, nog 5 min en dien op.

Bron:  Jacqueline Wiese