KAMMA COKE HOENDER SONDER COKE


KAMMA COKE HOENDER SONDER COKE
My Rys
Ek het rys bietjie gekook tot amper gaar. Dit oorgesit in ‘n pan, gebraai met greenpeper, knoffel, gerasperde wortel, uie, knippie cayenne pepper en bietjie olie en laastens het ek so 2 teelepels sampioen sop deur gewerk. By dit het ek gebraaide kerrie kool en bruin soetpatats asook Coke hoender sonder Coke gemaak en gebakte aartappels.
Sous:
125 ml Worcestershire sous
5 eetlepels stroop
4 teelepels suiker
EK het so 6 boutjies gevat daar in gelê en warm water by gegooi tot hoenderboutjies net toe is.
Dit gekook tot sous so lekker stroperig en dik geword het.
Moet so sticky wees, dan het jy jou cokelose hoender.
Bron en foto: Renee van Eyk