IDEAL MELK SJOKOLADEKOEK

IDEAL MELK SJOKOLADEKOEK
Koek:
375 ml koekmeel
250 ml melk
250 ml suiker
2 ml sout
10 ml bakpoeier
125 ml kookolie
60 ml kakao
125 ml kookwater
4 eiergele
4 eierwitte

Klits eierwitte tot styf.
Meng droë bestanddele.
Maak gaatjie in droë bestanddele.
Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water, melk en eiergele by.
Klits goed.
Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer.
Vou eierwitte in by mengsel.
Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute in reghoekige oondbak (die koek bly in die bak, so moenie in gewone koekpanne bak nie).

Sous:
¾ blik Ideal melk
125 ml suiker
Kook Ideal melk en suiker saam.
Maak gaatjies in koek met dun voorwerp.
Skep die stroop oor die koek.
Laat koek heeltemal afkoel.

Versiering:
2 plakke heelneut sjokolade
¼ blikkie ideal melk
Smelt blok sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en giet oor die koek.

Foto:  Lizelle Fourie Wolmarans