HOENDER-EN-MOSTERD QUICHE
HOENDER-EN-MOSTERD QUICHE
Broskorsdeeg
200 g koekmeelblom
2 ml sout
100 g botter
60-80 ml yskoue water
Sif die meel en sout saam en verwerk saam met die botter tot krummelrig. Voeg die water by en meng tot ‘n sagte deeg. Druk die deeg effens plat, bedek met kleefpapier en verkoel vir 30 minute.
Jy kan gewone puff pastry ook gebruik ek het.
Vulsel
300 g hoenderborsies, opgesny
15 ml olie
20 ml Dijon-mosterd
250 g kersietamaties
250 ml room
3 eiers
sout en peper
½ green pepper
½ ui opgekap
Voorverhit die oond tot 200ºC. Braai intussen die hoenderstukkies, uie en green peppers in verhitte olie tot gaar. Roer mosterd en kersie tamaties daarby. Roer vir ‘n minuut. Klits die eiers, room en geurmiddels saam. Verwyder die deeg uit yskas en rol dit uit. Voer ‘n quichepan van 300mm met die uitgerolde deeg uit. Skep die gebraaide hoender en kersie tamaties uit in die tertkors. Giet die roommengsel daaroor en bak teen 180ºC vir 20 minute of tot gaar. Lewer 1 groot quiche. Of 2 tertpanne
Nota: Dit is baie lekker jy kan bietjie kaas ook byvoeg so 1k gerasperde kaas ek het
Resep en foto: Ria Jacobs

