HEERLIKE MELKTERT

tested
HEERLIKE MELKTERT
Kors :
1 ½ koppies koekmeel
½ koppie botter
3 teelepels bakpoeier
½ koppie suiker
½ koppie melk
1 eier

Klop botter en suiker tot romerig , voeg  eier, bakpoeier, meel , en melk by en meng deeglik tot ‘n deeg, smeer deeg egalig in tertbak teen die rante ook.
Nota:  Kors en vulsel word saam gebak, nie apart nie.

Vulsel
4 ½ koppies melk
3 eiers
1 ½ teelepels koekmeel ( hoogvol )
1 ½ eetlepels botter
4 ½ eetlepels suiker
2 ¼ eetlepels maizena
1 ½ teelepel vanilla geursel

Kook 4 koppies melk met die helfte van die suiker. Roer koekmeel en maizena, aangemaak met orige halwe koppie melk, eiergele en suiker in by warm melkmengsel. Haal van die hitte af en roer botter, geursel en styfgeklopte eierwitte in. Skep in kors. Strooi kaneel oor en bak vir 15 – 20 minute op 180 ºC(voorverhit)
Bron en foto: Gideon Louw