GEVULDE DEEPFRIED PIZZA

 

2014-07-22-varkboudvleispasteitjiestested

GEVULDE DEEPFRIED PIZZA

Ek het nie geweet wat om vannaand te maak nie, toe slaan ek sommer iets bymekaar. Ek het vark boudvleis geneem en dit sag gekook met uie en aartappels. Dit fyn gemaak en saam net ‘n sousie van wit uiesop, paprika, blatjang en braaisout met knippie rooipeper geprut.
Die deeg het ek gemeng tot sagte deeg:
1 koppie koekmeel
½ koppie semolina meel
sout
½ teelepel gis en lou water

Nie eens geknie nie. Dit lekker dun uitgerol, vulsel in gesit en in olie gebraai. Lyk nogal lekker!
Resep en foto: Elizabeth Haupt