GEMSBOK SIRLOIN IN DIE OOND
GEMSBOK SIRLOIN IN DIE OOND
+/- 1.5 kg vars Wild Sirloin
Sout
Peper
Olyfolie
Balsamiese of bruin asyn
Knoffel botter
Feta kaas
Bees BAKON
Meng 1/2 koppie olyfolie en 3 eetlepels asyn en smeer die vleis goed in.
Steek nou gate in die vleis met n breelem mes, en stop elke gaatjie met bietjie knoffel botter en n stukkie Feta kaas. Spesery nou met sout en growwe swart peper, en smeer behoorlik in, met die olie mengsel..
Drapeer nou die heerlike stukkie vleis in bees BAKON, en steek dit op die kante met tandestokkies vas, sodat die Bakon nie opkrul in die bakproses nie…
Voorverhit die oond tot 200 grade op bake&grill…en druk daai vleisie in die oond…(sal vanaand se vir hoe lank)….hehehe
Hier is die resultaat van daai Gemsbok Sirloin..
Oondgebak…
MURGSAG….en uit die boeke uit
Ek het dit gebak teen 200 grade celsius, vir 30 minute…
Saam met n groen slaai, en gebraaide aartappels…
Resep en foto: Stefaans Blaauw


