GEBAKTE SJOKOLADETERT

gebakte sjokolade terttested

GEBAKTE SJOKOLADETERT
1 koppie koekmeel
¼ koppie kakao
1 koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
4 eiers, geskei
½ koppie kookwater
½ koppie olie
1 teelepel vanilla geursel
Meng meel, kakao, suiker, bakpoeier en sout.
Meng eiergele met water, olie en geursel.
Voeg eiergeelmengsel by meelmengsel. Klits goed
Klits eierwitte styf, maar nie droog nie. Voeg by en meng liggies maar deeglik.
Giet mengsel in gesmeerde 26cm bak. Bak 45min by 180ºC.
Sous
½ blik ingedampte melk
½ koppie suiker
Verhit ¾ van ingedampte melk en suiker tot suiker opgelos is. Bring tot kookpunt. Giet oor koek sodra dit uit die oond kom.
Bolaag
2 x 100 g plakke neutsjokolade
¼ blik ingedampte melk
Smels sjokolade saam met ingedampte melk. Giet oor kook
Resep uit Kook Saam van die ACVV. Elize van der Schyff.
Foto met caramel: Jeanette Martins  – Caramel bo-op ipv ganache