FLOPVRYE SJOKOLADEKOEK

floplose sjokolade koektested

FLOPVRYE SJOKOLADEKOEK
Los op:
2 eetlepels kakao
4 eetlepels kookwater
Klits tot romerig:
4 eiers
1 koppie suiker
Sif saam:
1 koppie koekmeel
knippie sout

Meng die meelmengsel met die eiermengsel en die kakaomengsel.
Smelt 250 g margarien, voeg by 1 teelepel vanilla of karamel geursel en voeg by meelmengsel.
Laaste vou in 2 teelepels bakpoeier.
Bak 20 – 25 min teen 180°C.
Versiersel het ek botterversiersel gemaak en aangemaak met melk ipv water en vir die lekkerte sommer sjokolade gesmelt en in geklits.

Resep en foto: Marie Grobler