EIERVRUG GEREG

 

eiervrug geregtested

EIERVRUG GEREG
Resep en foto:  Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
Eiervrug gereg gemaak saam met Rump steakie vanaand.
2 eiervrugte
1 blik geskilde tamaties
knofffel, na smaak
Ina Paarman gemengde kruie
witsous
mozzarella en cheddar na smaak

Sny die eiervrugte en week in ‘n bietjie soutwater. Braai in vlak olyfolie.
Pak in lae saam met die blik tamaties.
Geur met die knoffel en en gemengde kruie.
Giet die witsous oor en strooi die kase oor.
Bak tot die kaas gesmelt en borrelend is.