DURBAN KERRIE LAMSPASTEI

2014-07-01-durbancurrylampasteitested

DURBAN KERRIE LAMSPASTEI
2 kg Lamsnek en Lams stowe vleis(Verkieslik skenkels)
Sout en peper
1 groot uie
5 groterige aartappels
1 eetlepel borrie
1 pak Durban Curry Cook in sauce
Mense wat daarvan hou kan bietjie vars knoffel ook in sit

Kerf uie tot redelik fyn
Ek gebruik n plat boom ysterpot op die stoof
Bedek die bodem van die pot met Olyf olie net genoeg om die uie in te braai
Plaas gekerfde uie in die pot saam met die olyf olie
Stoof Plaat moet op maksimum wees in my geval no 6
Braai uie tot glaserig.

Plaas die nek in die pot tot bodem bedek is en braai vining altwee kante en verwyder weer die vleis.
Doen dieselfde met al die vleis totdat dit aan altwee kante gebraai is.
Haal die pot van die plaat af en verstel plaat na No 2
Gooi die Borrie in die pot en meng saam met die uie. Braai stadig vir 2 tot 3 minute.
Haal die uie uit die pot.
Plaas nou die vleis terug in die pot. Begin met die dik stukke en pak laag vir laag
Voeg sout en peper by volgens smaak
Voeg die helfte van die uie in die pot bo op die vleis na die tweede laag vleis
Pak nou die res van die vleis in die pot en Voeg die laaste uie bo op die vleis in die pot.
Sit die deksel op en los om stadig te kook
Ek glo vleis moet in sy eie sous kook dus voeg ek nie sommer water by nie.
Kook die vleis stadig vir 2 ure en roer kort kort liggies.

Sny die aartappels in skuiwe so 0,5 sentimeter en plaas bo in die pot en seel weer met die deksel
Indien nodig voeg nog sout en peper by.
Kook vir 30 minute.
Moenie die pot te veel oop maak nie want jy verloor die geur.
Voeg nou die pak Durban Curry Cook in sauce by en roer liggies.
Laat prut tot aartappels sag is.

Bedien van die vleis saam met wit rys of basmati rys en n slaai in my geval het ek die piesang uie slaai gemaak.
Sodra die vleis afgekoel is skep die vleis uit die pot met n minimum tot glad nie van die sous.
Maak seker alle beentjies word verwyder van die vleis.
Gebruik dan die vleis as vulsel vir jou Durban Curry Lam Pastei
Jy kan nou iets van jou keuse by die oorblywende sous gooi om dit bietjie te stol en dan kan
jy die Pastei bedien met die sous bo oor die pastei.
Lekker Curry Lam Pastei met nog n Curry sous oor. (Ons ken dit as Pie en Gravy)
BRON- Koos van der Merwe