DROë VRUGTEROLLE
Skep die vrugtepulp in ‘n groot skottel en voeg die volgende by:
1 koppie suiker by as verkies
2 pakkies van 80 g pynappeljellie
1 pakkie van 80 g lemoenjellie
Net so droog, roer tot jellie en suiker opgelos en goed deur gemeng is met vrugte. Spuit teëls of skinkborde goed met spray en cook en smeer vrugte daar op.
Teels werk makliker. Sit waaiers op sodat die wind oor alle teëls waai.
Sal so 2 dae vat as dit warm dae is om droog te word.
Maak vrugtepunte los met mes, trek af en rol op. Vries ook baie goed as in plastiek sakkies sit.
Net 1 wenk, koekawels moet jul liewer deur sif vryf om die pitte uit te kry, want pitte raak te hard.
Hoop jul gaan dit maak en geniet. Hardste werk is skil van vrugte. As vye bewerk gebruik handskoene, want witsap van vye vreet hande stukkend. Hoop die resepte gaan help.
Marietjie van der Merwe
Gebruik perkses, appelkose of enige vrugte waarvan jy hou.
Maal alles saam, voeg suiker na smaak by en dan 2 pakkies perske jellie. Spuit plastiek met kleefvrye sproei en smeer vrugte dun. Sit in son om te droog, sodra dit redelik droog aan eenkant, as jy daaraan raak moet dit nie meer aan jou vingers plak nie, draai dit om.
Dag 3 rol jy sit op en sny verlangde groottes. Sit maar nog bietjie in son tot goed droog.


