DIE LAAN SE SLAPHAKSKEENTJIES



7 DE LAAN SE SLAPHAKSKEENTJIES
Foto: Benhet Nieuwenhuis en Marié Fourie
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg piekeluie geskil en heel gehou
2 teelepels mosterdpoeier
1 teelepel mielieblom
2,5 ml borrie
60 ml koue water
2 koppies bruin druiweasyn
180 ml suiker
2,5 ml sout
3 eiers
Plaas die uie in ‘n kastrol met genoeg water om dit te bedek.
Laat 20 – 30min stadig kook oor matige hitte tot gaar. Dreineer deeglik.
Meng mosterd, mielieblom en borrie met die water.
Meng die mielieblommengsel met die asyn
Plaas die suiker en sout in ‘n kastrol en meng die asyn mengsel daarmee.
Verhit dit stadig oor matige hitte totdat suiker opgelos is en begin kook.
Klits die eiers deeglik in ‘n mengbak. Voeg die asynmengsel bietjie vir bietjie daarby.
Giet die mengsel terug in die kastrol verhit stadig en hou aan roer tot verdik.
Giet die warm sous oor die uie en meng goed deur.
Laat afkoel en hou in yskas.
Die uitjies raak lekkerder hoe langer dit staan.