DADELVINGERS

 

dadel vingerstested

(Ek maak dit dubbeld aan)

250 g botter of margarien
250 ml suiker
250 g ontpitte dadels (fyngesny)
3 k Rice Crispies
1 t vanilla
klapper

Roer botter en suiker oor matige hitte tot suiker gesmelt is. Voeg dadels by en kook ‘n paar minute terwyl jy heeltyd roer. Verwyder van hitte en roer die res van die bestandele by. Strooi die helfte van die klapper onderin ‘n gesmeerde bak. Druk die mengsel daarin vas. Strooi res van die klapper bo-oor. Laat afkoel en sny in blokkies.

Jeanette Martins