“CORNISH” VLEISPASTEIE
“CORNISH” VLEISPASTEIE
500 g aartappels, blokkies wortels
500 g sagte vleis, in dobbelsteentjies gesny
1 medium ui – grofgekap
10 ml sout
1 ml peper
10 ml asyn
5 ml suiker
500 g meelblom
250 g botter (275 ml)
Knippie sout
yswater
Skil die aartappels en wortels dun en sny in dobbelsteentjies. Meng met die vleis en ui en voeg sout en peper,asyn en suiker by.Maak gaar op stoof of in drukkooker en sorg dat dit nie te droog is nie. Laat afkoel.
Berei `n brostertdeeg van die meelblom, botter, sout en yswater. Rol die deeg 5 mm dik uit en verdeel in 8 ewegroot sirkels. Skep van die vleismengsel op die helfte van elke deegsirkel. Kwas die kante met koue water. Vou die deeg oor die vleis sodat die kante opmekaar pas. Druk die kante goed toe en rimpel om `n mooi rand te vorm. Kwas met melk of verdunde eier. Bak 200° C,15 min. Skakel die oond laer na 180° C en bak `n verdere 20 min. om te verseker dat die vulsel gaar word
Elize de Kock

