BRUSSELSPRUIT GEBAK
BRUSSELSPRUIT GEBAK
brusselspruite
250 ml room
100 ml melk
1 pakkie tamatiesop poeier
Cheddarkaas, na smaak
Parmesankaas, vir bo-op
Mikrogolf die spruite vir 5 minute.
Meng die room (ek het yoghurt gebruik) en melk met die pakkie tamatiesop poeier en meng baie goed. Meng ook bietjie Cheddarkaas daarby.
Plaas die spruite in ‘n oondbak en giet die roommengsel oor. Strooi Parmesankaas bo-oor en bak vir 10 minute in die mikrogolf op hoog. Bak ‘n verdere 15 minute in die oond by 180ºC tot die sous goed verdik het.
Resep en foto: Adam Cloete

