BRANDEWYNBOMME
BRANDEWYNBOMME
100 ml goue stroop
200 g sjokolade
200 g pekan neute
150 ml brandewyn
2 pakkies tennisbeskuitjies
Versiersuiker
Maak Tennis beskuitjies fyn. Breek die pekan neute. Breek sjokolade in ‘n diep bak en voeg stroop by. Mikrogolf teen 50% krag tot gesmelt. Roer mengsel goed. Voeg beskuitjies, neute en brandewyn by. Meng Goed. Rol in bolletjies en rol dan bolletjie deur versiersuiker.
Wenk
Plaas Bolletjies in yskas. Die bolletjies is op hulle lekkerste na ‘n week. Kan tot 3 weke in yskas bly.
Resep en foto: MAGDA HELBERG

