BOKKOM BROODJIE


BOKKOM BROODJIE
Vroulief het vir ons ‘n bokkom broodjie gebak en ek het sy kop en stert aangesit!
3 bokkoms
Sif saam:
4 x 250 ml koekmeelblom
3 ml sout
10 g droë kitsgis
1 eetlepel suiker
Voeg daarby:
400 ml lou water
2 eetlepels kookolie
Meng tot dit ‘n sagte deeg vorm. Knie tot glad en laat rus vir ongeveer ‘n halfuur in ‘n warm plek; ek doen dit sommer in die lou oond. Knie die deeg af en voeg fyngesnyde bokkompiess by en werk dit goed deur die deeg. Plaas deeg in voorbereide broodpan en laat weer rys in die lou oond vir ‘n halfuur. Bak die brood in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 30 tot 40 minute.
Foto en resep: Gideon Louw