BESKUIT BROOD

tested
BESKUIT BROOD
Nou net uit die oond resep is :
Smelt 500 g Stork to bake,
2 koppies geelsuiker(ek gebruik ‘n bietjie meer) en
300 ml water vir 5 min in die mikrogolfoond.
Voeg 500 ml karringmelk by, roer en laat afkoel tot louerig.
Voeg dit dan by die volgende droë bestanddele:
1 kg selfraising meel
1 kg bran rich selfraising meel en
1 groot eetlepel sout

Meng goed en knie tot ‘n lekker sagte deeg, plaas in ‘n oondpan en bak vir 1 uur by 180 grade  C en dan vir ‘n halfuur by 160 grade C. Onthou om die oond te voorverhit.
Sny en droog uit vir beskuit of eet net so nat met botter en konfyt 🙂
Nota:
Rina vroulief het die laaste twee kere omtrent ‘n halwe koppie anys by die mengsel ingeknie en ons vind die beskuit is dan tog te lekker
Foto’s en resep: Gideon Louw