BACON EN POTATO BAKE BROOD
BACON EN POTATO BAKE BROOD
My bydrae vir die brood gebak, tyd is maar min in die aande, ek het sommer brooddeeg gekoop.
Uie en tamaties gebraai met bietjie olie sout en peper, bacon in klein stukkies opgesny, en saam gebraai.
2 Pakkies potato bake aangemaak met melk en room.
Casserole gespuit met spray en cook, en toe onder die casserole van die potato bake mengsel gesit.
Deeg in bolletjies gemaak en in die caserole gesit en die bacon, uie en tamatie wat gebraai is, bo op die deeg gesit.
Die res van die potato bake bo- oor en kaas bo-op gerasper.
Bak in oond 180°C vir plus minus een uur tot gaar.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie

