ANSIE SE CREMORATERT

cremora tert rouneltested
ANSIE SE CREMORATERT
1 blik kondensmelk
1 pakkie cremora
½ koppie water
½ bottel suurlemoensap
Tennisbeskuitjie heel of met botter gemeng vir die kors

Klits eers water en cremora bietjie en sit dan kondensmelk by, dan suurlemoensap en tjop tjop is hy styf. As ek die menger optel en hy loop nie af nie is hy reg. Ek maak elke week een vir my teetuin en wissel af deur soms jellie by te voeg (½ pakkie) of self blikkie pynappelmoes of granadillamoes. Al selfs fyngemaakte perskes bygesit. Ook baie lekker met klapper geursel.

Resep:  Ansie Fourie Boshoff
Foto: Rounel Siecker