ANGELVIS GESTOOM

Angelvis gestoom; toe het ek ‘n pan opgewarm met 15ml druiwepitolie, hoogvol teelepel knoffel, squirt suurlemoensap en n spuit heuning. Toe dit lekker warm is, het ek die gaar vis ingesit vir so 30sek aan elke kant.
Patat net so in foelie toegedraai en in die oondgedruik
Blomkoolmash: 350g blomkool net-net gaar gestoom. Sout, peper, neut, 1/3k gerasperde parmasaan kaas, 10ml botter. Maak alles fyn met jou Braun. Toe het ek dukkah en koljanderblaarjies bo-op gesit.
Toe ek my man vra; hoe smaak die mash, toe antwoord hy; is hier blomkool in? Toe se ek… ‘dis net blomkool’ hy was BAIE verbaas
Blomkool Pizza kors
2k rou blomkool. (Gebruik alles nie net die blomme nie). Was en breek in stukkies. Maak fyn met voedselverwerker totdat dit rysagtig lyk.
Plaas in Mikrogolf en mikro vir 8min. Moenie water byvoeg nie en moet ook nie bedek nie.
Voeg
1/4k mozzarella en 1/4k parmesan kaas
½ t origanum, 1/4 t Garlic poeier, sout by. Laat afkoel
Voeg 30ml eierwit by (dis +- jumbo eier se eierwit) Ek koop by Woolies die egg whites en meet my eierwit af.
Skep ½ k van blomkool mengsel op ‘n non stick pan of foelie wat met non-stick spray gespuit is. Maak n sirkel wat so 5mm dik is. Die mengsel maak 3 med sirkels
Bak 30min 425F. Haal uit en sit jou toppings op. Sit weer in oond vir 5-10min.
1 Med Pizza base = 88Cal. (sonder ekstra toppings)
FOTO- Maria Liebenberg