YSKASTERT MET KOEJAWEL

 

koejaweltert mandytested

YSKASTERT MET KOEJAWEL
1 groot rolkoek of ‘n pakkie klein rolkoekies, in skywe van 1 cm gesny
1 groot blik (825 g) ingelegde koejawels
60 ml vlapoeier
60 ml koue water
1 blik volroom-kondensmelk
5 ml gelatien opgelos in 10 ml warm water (gebruik liefs 10 ml gelatien vir veiligheid)
180 ml suurlemoensap
30 ml strooisuiker
1 houer ongegeurde roomkaas

Pak die rolkoekskywe op die boom van ‘n groot tertbak. Maak die blik met koejawels (en stroop) in ‘n kastrol leeg en verhit terwyl die koejawels met ‘n vurk of aartappeldrukker fyn gedruk word. Verhit tot kookpunt en prut vir 1-2 minute. Meng intussen die vlapoeier en water saam en voeg by die koejawels. Verhit – terwyl geroer word – tot kookpunt. Prut vir twee minute en verwyder van die hitte. Laat vir 15 minute afkoel. Klits die kondensmelk, gelatienmengsel, suurlemoensap, strooisuiker en roomkaas goed saam. Vou die koejawelmengsel hierby in tot goed gemeng en skep versigtig oor die rolkoek. Verkoel tot stewig.
Sit voor as nagereg of met teetyd met geklopte room en skyfies vars koeljawel, indien verkies. Lewer 1 groot tert.
Resep: Rina Kleinhans
Nota en foto:  Mandy Nel – Ok hier is terugvoer. “Needless to say” die bak is leeg. Tert ‘n klein bietjie pap, ek sal meer gelatien byvoeg. Die suurlemoensap is net reg, minder en die tert gaan net TE soet wees. Rina hy was “devine” hoor.