WENNER ROLKOEK
WENNER ROLKOEK
Hierdie is die resep wat my man daagliks in die bakkery gemaak het. Ons het dit net verklein.
250 ml eiers (breek eiers in beker)
250 g suiker
250 g koekmeel
5 ml koeksoda
250 ml melk
5 ml vanillageursel
Klits eiers en suiker baie goed saam tot liggeel en donsig. Los koeksoda op in melk en verhit saam tot kookpunt. Sif koekmeel en vou in 4 gelyke dele by die eiermengsel in. Voeg vanilla by. Vou melkmengsel ook in 4 dele by meelmengsel in. Skep in gesmeerde pan wat met greasproof papier uitgevoer is. Bak by 160 ºC tot toetspen skoon uitkom (bak nie lank, ongeveer 10 tot 15 minute in my oond). Laat afkoel in pan.
Keer dit uit op skoon vadoek waarop jy suiker gestrooi het. Trek greaseproof af en smeer vulsel van keuse oor.
Rol op met behulp van vadoek. Versier soos verkies.
Vir Sjokolade rolkoek vervang ¼ van koekmeel met gesifte kakao.
Resep: Charlotte Verwey da Silva