WENKE VIR LEKKER SAPPIGE FILLET STEAK
Marietjie Nel
Wie kan vir my sê wat is die lekkerste manier om fillet steak gaar te maak behalwe om dit op te sny en te braai…. iets sodat dit sommer lekker sappig uitkom dankie julle.
Lowna Schutte
Altyd in my riffel pan op gas, en kom net soos Restaurant steak. Moenie teveel goed op die steak gooi nie.
Bernadene Daniell Prinsloo
Smeer die heel fillet met ‘n goeie mostert en laat staan vir minstens 3 ure. Braai oor matige hitte/kole soos wat julle daarvan hou. Strooi bietjie sout oor die fillet sowat 2 min voor dit afgehaal word. Draai toe in foelie en laat rus vir 5-10 min. Sny in skywe en dien op. Vinger-af-eet lekker.
Ludell Roos
Rol in growwe swart pepper of mostert self vars gemengde kruie. Braai oor matige kole. Laat rus vir sowat 5 min. Perfek
Marietjie Nel Lowna Scutte – sny hy hom of net so ?
Lowna Schutte
Marietjie ek sny glad nie, dit moet lyk soos ‘n restaurant steak, net vining 3 na 4 minute aan elke kant en laat rus in die oond vir so 5 tot 7 min. Baie sag en heerlik.
Rene Grobbelaar
Ons maak gewoonlik n ‘carpet bagger’ van n fillet steak…Ons vat mossels, gesnipperde sampioene met fyn gekapte gras uie. Meng dit saam en stop dit in die fillet. Moenie die snit te groot maak nie. Ryg mooi toe mrt naald en gare, of tou en gare (dit is wat ek gebruik, maklik om raak te sien) en dit dan op foelie. Gooi braaivleis speserye, garlic sout, growwe peper oor. Maak n tipe van n bakkie met jou foelie. Nou gooi jy room saam met jou vleis in, maak toe en bak in oond of braai op die vuur. Bedien saam met n lekker slaai of as n antre. Elke keer wat ons dit maak, kry ons nie eens n stukkie daarvan nie….O gits, ek het van die feta kaas vergeet. Ons meng dit saam met die vulsel van mossels.
Beatrice Trisha Diepold
Voorverhit oond op 180 grade. Pepper en geur die vleis na smaak. Braai rondom kort aan. Sit stoof af. Rol vleis in foelie toe en laat rus vir 5 min. Voila vleis medium rare! Perfek. Die sappies wat oorbly kan gebruik word om n lekker peppersous, sampioensous te maak.
Petro Borchard
Ek braai die heel fillet rondom op ‘n ontsettende warm riffel pan op gas, dan sit ek dit binne in ‘n lekker sousie in ‘n pyrex bak om te rus in die lou oond. My gunsteling maklike sousie – Blou kaas room sous. (verhit genoeg room in kastrol, verbrokkel Simonzola blou kaas daarin, roer tot gesmelt. Maal baie swart peper daarin. Jy kan ook die room eers verdik met bietjie maizena voor jy die kaas ingooi. Ander opsies, gooi gebraaide mushrooms en/of spriet uie ook in dieselfde basis.
Tanya Erasmus – Ek het een dag op so italiaanse show die lekkerste marinade gesien en dit probeer vir steak. N koppie balsamiese asyn, koppie rooi wyn of port,koppie tamatie sous. Kap knoffel lekker grof, ui lekker grof en green pepper…vars rosemary takkies en vars coriander..sout en growwe peper, meng als en marinade steak vir so uur in dit in die yskas voor jy buite braai. Dit is hemels!

