VERSKEIE AARTAPPEL-IDEES


VERSKEIE AARTAPPEL-IDEES
Petro Borchard Ek wil ook weet hoe om aartappels in die skil te bak sodat die skil kliphard is en die binnekant totaal en al sag. Daar was jare gelede vir so 2 jaar lank ‘n franchise wat sulke gevulde aartappels gemaak het. Ek kon dit nog nooit so regkry nie
Francois En Paula DeWet Ek kook my aartappels tot sag en bak dit dan. Dan is hy sag binnekant en kraak buite.
Shereen Terblanche Braack Ouma het hulle in olie ge deep fry…
Petro Borchard Dankie, ek gaan die kook/bak ding probeer.
Adam Cloete Shereen Terblanche Braack, daar gee jy nouself die antwoord. Kook dit tot sag en braai dan in die diepolie. Ek doen dit baie maar met aartappelblokkies en nie heel aartappels nie.
Benhet Nieuwenhuis my ouma het ons bederf en het dit soms gebraai in skaapstert vet!!!!! super lekker
Frans Odendaal Jou ma het dit waarskynlik diepgebraai in vark of skaapvet !
Alet Barnard Skil jou aartappels af en dan sny jy dit in helfte as dit bietjie groot is. Kook dit in n pot waar jy helfte water en helfte olie gelyktydig ingooi. Die water kook heeltemal weg dan braai die aartappels in die olie tot goud bruin. Vrek lekker, jy sal dit nie sommer anders wil maak nie.
Janine Snyman skaapvet is al wat ouma gebruik het. Kry jy nog skaapvet?
Frans Odendaal Janine as jy ‘n heel lam koop , ek braai die vet uit , en dan het jy sagte vet en kaaings !
Jane Burger Perkins Ek kook ook altyd eers die aartappels sag, en dan laat ek dit heeltemal koud word. Daarna word dit in warm olie gebak en dis heerlik bros buite en sag binne. Ek kook gewoonlik die aartappels op n Saterdagaand, sodat ek dit die Sondag net kan diepbraai.
Corne Marais Petro vat jou aartappel met skil en smeer dit olyf olie of gewone olie gooi sout op en vryf dit om die aartappel. Bak in die oond op die draad rakkie tot gaar. Lyk soms of hulle in die kiole gebraai het en is sag binne en krispie vel.
Marlene Vos Damster Cook peeled potatoes till nearly done. After water is poured off, shake them gently to get uneven or rough edges. Salt, pepper, and the most important thing , HOT OIL in pan. The very best to bake in is butter, or goose fat .