SOET PATATS

patat pampoen

SOET PATATS
My ouma het altyd vir ons so soet patats gemaak
2 kg patat
375 ml geel suiker
375 ml water
2 hoogvol eetlepels Maizena (mielieblom)
5 ml karamelgeursel

Was die patat en kook dit in ‘n groot kastrol tot gaar. Skil dit af en sny in skywe. Pak die patatskywe in ‘n reghoekige glasbak. Meng die suiker, water, mielieblom en geursel goed saam.
(Stip die patats met blokkies margarien, indien verkies.) Verhit die suikermengsel effens, tot die suiker gesmelt het. Gooi dit oor die patat en bak teen 180 grade vir 30-40 minute, of tot die suiker stol en karameliseer.
BRON- Benhet Nieuwenhuis