ROOMHOENDERPASTEI MET MOZZARELLA

2014-06-25-roomhoendertested

ROOMHOENDERPASTEI MET MOZZARELLA
Kook 3 hoenderborsies gaar saam met ‘n opgesynde ui, oreganum, cumin en sout en peper.
Ontbeen die hoender en breek in stukkies.
Braai 250 g bacon stukkies tot net gaar en hou eenkant.
Braai 250 g sampioene wat in helfte deurgesny is in dieselfde pan tot sag en plaas by die bacon.
Meng die bacon en sampioene by die hoender en meng ‘n aangemaakte pakkie kaas en sampioensous daar deur.
Plaas skywe Mozzarellakaas bo-op en bedek dit met ‘n sagte kors deeg. Sprinkel bietjie cheddarkaas bo-oor en bak by 180ÂșC vir 30min of tot die kors goudbruin is.
http://www.foodloversrecipes.com/2013/06/die-lui-huisvrou-pasteideeg-slapdegie/

Bron en Foto: Adam Cloete