RANDREKKER SARDYN GEBAK


RANDREKKER SARDYN GEBAK
Kook 3 groot aartappels in die mikrogolfoond tot gaar.
Sny in skyfies en plaas onder in ‘n glas Pyrex bak.
Sprinkel Ina Paarman Potatoe Spice oor.
Maak ‘n lekker dik witsous en voeg ‘n handvol kaas by, asook ‘n bietjie fyn knoffel en chillie. Net klein bietjie chillie, net ‘n hint. Geur met Aromat of waarvan jy hou.
Maak ‘n blik sardyne (pilchards) in tamatiesous oop en plaas die vissies bo-op die aartappels. Plaas ‘n lepel vol tamatiesous op elke vissie. Gee die orige sous vir die kietsies wat aan die toonbank hang.
Gooi die witsous bo-oor en sprinkel nog gerasperde kaas bo-oor. Ek het Mozzarella-kaas gebruik. Plaas onder die oondrooster in die middel van die oond. Dit raak dan stadig deurwarm en bruin bo-op. Tog te lekker, hierdie armmans kossies.
Foto en resep: Louise Groenewald