QUESADILLA (WRAPS)

2014-06-24-souttertenquesadillatested

QUESADILLA (WRAPS)
BRON- Elizabeth Haupt
Dit was ons aandete gisteraand. Ek het sommer net souttert en Quesadilla gemaak met ‘n filling van hoender, kaas en uie. Vars advokado peer en rocket met ‘n tamatie slaai. Met ‘n sweetcorn en pynappel slaaitjie by.

WRAP
2 koppies koekmeel
1 koppie kookwater
sout en peper
30 ml olie

Meng alles goed tot dit nie meer vas sit aan jou hande nie. Dan rol lekker dun uit en smeer liggies met botter. Rol op soos ‘n rolkoek en sny in ± 10 dele. Rol elk dun uit. Die deeg is baie lekker om mee te werk!
Die gaarmaak metode is soos volg. Rol elke balletjie baie dun uit, spuit die pan met spray and cook en braai elkeen net liggies tot gaar. Vat een van dit en sit enige vulsel wat jy verskies, ek het die hoender, ui en kaas geneem, dat sit nog een bo-op en braai weer dit in die pan.