PEETMA SE VLAKOEKIES
PEETMA SE VLAKOEKIES
(Ek het dit dubbel gemaak) werk wonderlik in die koekiedrukker
250 g botter
3 koppies meel
1 koppie suiker
2 eiers
8 eetlepels vlapoeier
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilla
Room botter en suiker voeg eiers en vanilla by. Voeg droë bestanddele by. Knie goed. Dit is ‘n sagte deeg. Rol uit of rol balletjies of sit deur koekiemaker. Bak by 180 ºC vir 10 tot 12 minute. Hanteer versigtig dit is ‘n bros koekie.
Bron: Alice Meintjies
Foto: Jeanette Martins

